Bob van Reenen Sportstadion geplunder en verwoes deur ANC

Die eens spog internasionale Bob van Reenen Sportstadion wat ‘n vlagskip van Krugersdorp en die Wesrand was, is deesdae ‘n hartseer vervalle monument van die ANC se korrupsie, wanbestuur en valse beloftes. Jare se beloftes en ondernemings deur Mogale City asook die Gauteng Provinsie het tot dusver op niks uitgeloop nie, sê sy. Daar is …

Die eens spog internasionale Bob van Reenen Sportstadion wat ‘n vlagskip van Krugersdorp en die Wesrand was, is deesdae ‘n hartseer vervalle monument van die ANC se korrupsie, wanbestuur en valse beloftes.

Jare se beloftes en ondernemings deur Mogale City asook die Gauteng Provinsie het tot dusver op niks uitgeloop nie, sê sy.

Daar is fondse vir werk aan die stadion deur die Gauteng Provinsie in die 2014/15 begroting bewillig vir ‘n bedrag van R314 miljoen maar nog geen werk aan die stadion het begin nie. Dit nadat die voormalige LUR van Sport, Lebogang Maile asook die voormalige Premier van Gauteng, Nomvula Mokonyane, op verskeie geleenthede vol beloftes en ondernemings was om die eens glorieryke tartan-stadion in sy volle glorie te laat herleef.

Die stadion was ‘n groot lewensaar vir die Wesrand en het ook bekende internasionale atlete gelok, waaronder Paul Nash, wat een van die wêreldrekords op hierdie baan opgestel het. Die plaaslike kinders het die geleentheid gehad om met die beste tot hulle beskikking, tot hul volle potensiaal in sport te ontwikkel.

Saam met die hooffokus op atlete, was daar ook rugby op die aangrensende rugbyveld gespeel en ander sportsoorte soos gimnastiek en stoei aangebied deur afrigters van hoogstaande gehalte. Al hierdie fasiliteite is die kinders en atlete in die Wesrand ontneem deur korrupsie en wanbestuur van die plaaslike sowel as provinsiale ANC-lui.

Daar is ‘n duidelike kennisgewing wat waarsku teen publieke toegang aangesien die gronde nog onder konstruksie is en dus volgens wet nie deur publiek of ongemagtigde persone betree mag word nie.

Groot elektriese kragkabels, wat krag voorsien aan die oorhoofse spreiligte, staan bo die grond uit en oop kragdrade hang oral binne die geboue onder die paviljoene. Nuwe wasbakke en toilette wat ingesit is, is stukkend geslaan en stortkoppe en krane is uit die mure geruk.

Vullis en gebruikte kondome lê die leë vertrekke vol en die stank van gebruikte toilette, wat nie gespoel kan word nie omdat dit nog nie gekoppel is nie, is ‘n oorweldigende reuk wat herinner aan die wrang klank van disrespek en onbevoegdheid van regeringslui.

Ironies genoeg mag die brandweerdienste se beamptes nie die stadion gebruik om te oefen soos hulle altyd gedoen het nie, maar die munisipale bestuurder het geen probleem om die publiek toe te laat om kerkdienste op die konstruksieperseel te hou met getalle van tot 3 000 mense nie.

Daar word geen ag geslaan op haar vele skrywes aan die Burgemeester, Calvin Seerane asook die Munisipale Bestuurder, Dan Mashitiso wat hulle waarsku teen die onwettige gebruik en hul regsaanspreeklik nie.

Ek beplan om klagtes teen die verantwoordelike partye in te dien en benadruk dat die Vryheidsfont Plus nie die kwessie sal laat vaar totdat hulle sukses bereik het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version