Beurtkrag – ‘n Ander (grapperige) kant

Waarskuwing – hier kom Afrikaanse-slang, kan ook genoem word slêng en is dalk nie geskik vir sensitiewe lesers nie. Ek het maar hier rond grootgeword en ken die lekker deel van ons volkie – lemoen oppie aerial, pienk gestofeerde dashboard, kortbroek wit safari, kam in die kous, hare gebrulcreem, tattoos, V6 en knyp die kar …

Waarskuwing – hier kom Afrikaanse-slang, kan ook genoem word slêng en is dalk nie geskik vir sensitiewe lesers nie.

Ek het maar hier rond grootgeword en ken die lekker deel van ons volkie – lemoen oppie aerial, pienk gestofeerde dashboard, kortbroek wit safari, kam in die kous, hare gebrulcreem, tattoos, V6 en knyp die kar onder die regterarm vas.

Met so ‘n windgatkyk en spesifieke huppel-tipe-stappie. Ja ek weet van die Ducktails en Uncle Charlies ensovoorts. Maar dis my mense. Jene en daai girls kon twist!

Anyway – nou is die krag af hier in Randgate en my ghwai raak min. Ek check die storie so uit en rook al my stompies uit. Vloek op die hond en gaan sit die hosepipe aan.

Eindelik – ek het mos tjieng innie bank, collect my kaart en stap op my ouderdom so twee kilos Randgate toe vir ‘n pakkie smokes. By die Tjaaina shop waar jy die goete vir next to nothing kan koop vertel die chiek vir my – geen kaarte – cash asb. Ek seg wat nou – wat maak ek?

Loop toe rond, op soek na ‘n bankteller wat werk. Dodge ongeskikte voetgangers etc. Pellie, by die garage swipe hulle toe my kaart vir ‘n m!@#$% duur pakkie sigarette. Ek light een – om te relax.

Omdat dit my mense is – stap ek toe terug na die cheap winkel en sê “sorry ek sal maar weer môre by jou kom cigs koop”. Oulike dame aan diens. Met die loop ek vas in ‘n fris jongman wat nou die winkel langsaan het. Die einste vleisbedryf.

Het dit paar maande terug oorgeneem. Nou is hy besig om alles uit te dra – so nie vrot dit – want dis beurtkrag. Die fris jong boerseun het vir my daar ‘n paar dinge gesê wat ek nie kan herhaal nie. Onder andere – “my oom, waar de m!@#$ moet ek nou R45 000 uitdinges vir ‘n generator?” Ook van Nkandla tot by Julius tot by FW gepraat.

Toe bied ek maar vir hom ‘n ghwai aan. Nee – nie die verkeerde soort nie. Nou gaan my broer, my ex, my ex-girlfriend, die moruti en die hele lot moan omdat ek nogsteeds sigarette rook.

Exit mobile version