Opinion

Die sabbatdag word onheilig

Na aanleiding van al die skou-advertensies wat orals tot selfs in kerke pruik, ek het nêrens gesien dat enige kerk of prediker hom uitgespreek het teen die Randfontein Skou wat nou, na al die jare ook op Sondag gaan plaasvind nie. Ek sal graag verneem of die kerke nogsteeds stalletjies gaan huur, en dit ook …

Na aanleiding van al die skou-advertensies wat orals tot selfs in kerke pruik, ek het nêrens gesien dat enige kerk of prediker hom uitgespreek het teen die Randfontein Skou wat nou, na al die jare ook op Sondag gaan plaasvind nie.

Ek sal graag verneem of die kerke nogsteeds stalletjies gaan huur, en dit ook op Sondag gaan bedryf. Ek sal graag hoor van al die kerke en predikers van Randfontein, aanvaar julle dit of gaan julle dit stilswyend aanvaar en meedoen.

Ek wil ‘n beroep op al die mense van Randfontein doen, moet nie die skou bywoon as ‘n gebaar dat ons as gelowiges ten sterkste beswaar maak dat die sabbatdag onheilig word.

Related Articles

Back to top button