Boeremusiek enigiemand?

Dis weer sulke tyd. Tyd vir die Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde se naweekkamp by Koppisol van 6 tot 8 Maart. Die Boeremusiekgilde is ‘n nie-winsgewende kultuurorganisasie. Die Witwatersrand-tak dien die hele Oos- en Wes-Rand asook Sentraal Johannesburg, Heidelberg, Balfour, Villiers en aangrensende areas. Verdere inligting oor die naweekkamp: • Kom kamp in jou karavaan, tent, …

Dis weer sulke tyd.

Tyd vir die Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde se naweekkamp by Koppisol van 6 tot 8 Maart.

Die Boeremusiekgilde is ‘n nie-winsgewende kultuurorganisasie. Die Witwatersrand-tak dien die hele Oos- en Wes-Rand asook Sentraal Johannesburg, Heidelberg, Balfour, Villiers en aangrensende areas.

Verdere inligting oor die naweekkamp:

• Kom kamp in jou karavaan, tent, chalet of as dagbesoeker

• Spesiale kamp tariewe is beding vir almal

• Musikante begin reeds informeel speel die Vrydag tussen die karavane

• Funksie is Saterdag 7 Maart van 10vm tot 11.45nm

• Top jeug- en seniororkeste neem deel, maar alle musikante wat graag wil speel kan hul instrumente saam bring

• Verskeie wegneemetes te koop maar eie verversings ook welkom

• Navrae: Estelle by 016 556 1112 of Adriaan by 082 411 9983.

Exit mobile version