Opinion

Mense gee nie meer om nie

Ek wil graag met die publiek deel dat ons nie meer daar is vir ons medemens nie. Dit maak my baie bekommerd om te weet dat mens amper kan doodgaan langs die pad of in ‘n publieke plek iets oorkom en niemand sal jou eers help nie. Die rede vir my brief is omdat my …

Ek wil graag met die publiek deel dat ons nie meer daar is vir ons medemens nie.

Dit maak my baie bekommerd om te weet dat mens amper kan doodgaan langs die pad of in ‘n publieke plek iets oorkom en niemand sal jou eers help nie.

Die rede vir my brief is omdat my man Dinsadag (10 Februarie) by ‘n plaaslike vulstasie ‘n Slush Puppy gaan koop het. Toe hy uitloop en ‘n sluk vat, verstuk hy – so erg dat hy op sy knieë moes gaan en homself op die rug probeer klap.

Hy het so gehuig na asem dat dit onmoontlik was om te sien dat hy nie besig was om te verstuk nie en wat maak die mense om hom? Absoluut niks nie.

Almal het net verby hom geloop en niemand, maar niemand help hom nie. Geen werknemer van die vulstasie nie, geen kliënt wat langs hom gestaan het nie … niemand.

Hierdie brief gaan seker niemand aanraak nie, maar al wat ek vra is kom ons staan saam en help mekaar.

En na die insident was daar nog ‘n geval waar die eienaar ons sleg behandel het, daarom sal ek nie weer by die vulstasie stop vir enige iets nie, want sy slegte karakter smeer af op sy werknemers.

Related Articles

Back to top button