Die herald verwelkom jongste aanwins

'Ek is ongelooflik opgewonde.'

Die herald het op Dinsdag 4 November amptelik vir Jeanné van Wyngaard Lindhout as joernalis verwelkom.

Sy sê:

My passie vir ander mense se interessante stories maak my skaam om oor myself te skryf.

Ek glo ek is maar net ek. Hoewel mense wat my ken my as ‘n strokiesprentkarakter beskryf, kan niemand van hulle hul vinger plaas op presies watter een nie.

Vir my is die lewe te kort om dit te ernstig op te neem. Ek gebruik humor as my buffer teen die soms rowwe en harde lewe daarbuite.

Ek kom oorspronklik van Witbank (nou Emalahleni) af. Ek het die grootste gedeelte van my skoolloopbaan daar deurgebring maar het aan Alberton se Hoërskool Marais Viljoen gematrikuleer.

Daarna is ek na die Pretoria Universiteit van Tegnologie toe waar ek grafiese ontwerp en fynkuns studeer het.

Ek is in 2007 die geleentheid gegee om by die gemeenskapskoerant in Witbank opleiding as joernalis te kry en daar te werk.

Die passiegedrewe span daar het my ongelooflik baie geleer en gedruk om my potensiaal ten volle te benut. Ek is uiters nuuskierig van aard en het geleer om mense goed te lees.

My morele waardes is gebaseer op eerlikheid en opregtheid. Ek glo dit vuur my stories aan en dryf my om leesstof te lewer wat ek hoop ‘n verskil kan maak.

Ek is ongelooflik opgewonde om nou ‘n nuwe uitdaging by Randfontein herald aan te pak en ek sien uit na wat die toekoms vir my hier gaan bring.

Exit mobile version