Jannas groet matrieks

Jannas se beste wense vergesel elke matrikulant.

Vrydag 17 Oktober 2014 was die laaste skooldag van Hoërskool Jan Viljoen se Graad 12-leerlinge.

Aan die einde van die dag was daar ‘n afskeidsdiens vir hulle gehou.

Dewalt Greeff, Religie Portefeulje van die 2013/2014 VRL het ‘n geestelike boodskap gelewer waarin hy almal herinner het om hul Christenskap in hul daaglikse lewenswandel uit te leef.

Daarna het die hoof, Julius Katzke en die graadverteenwoordigers van die VRL groetboodskappe gebring.

Onder begeleidende marsmusiek het die matrieks, soos tradisioneel deur die erewag van leerlinge, personeel en ouers beweeg. Die groot houtvoordeur wat agter hulle gesluit is, simboliseer die einde van hul hoërskoolloopbaan by Jan Viljoen.

Die jaarlikse kerkdiens is deur ds Edwin van Wyk waargeneem by die NG Kerk Randfontein-Noord op Maandag 20 Oktober 2014.

Met sy motiverende boodskap vir die toekoms glo ons dat elke Graad 12-leerling hul eksamen positief sal aanpak en suksesvol sal aflê.

Jannas se beste wense vergesel elke matrikulant.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version