Opinion

Help vullisgrouers

'Hulle dra by tot Randfontein se herwinning.'

Inwoners van Randfontein is so vinnig om te kla oor mense wat van huis tot huis loop en plastiekware en ander goed uit vullissakke haal.

Ek besef dat dit inwoners van die gemeenskap omkrap en hul vullissakke beskadig, maar diegene wat van huis tot huis loop en plastiek versamel probeer net om op ‘n eerlike wyse ‘n bestaan maak.

Behalwe dat hulle op ‘n eerlike wyse hul geld verdien, dra hulle ook by tot Randfontein se herwinning en daarom het ek onlangs besluit om met een van dié manne te gesels.

Ons het ooreengekom dat ek al my plastiekware in ‘n apparte sak sal plaas en weekliks vir hom sal gee. Sodoende hoef hy nie my vullissakke oop te skeur en te beskadig nie.

Vir die afgelope twee of so weke is dit die patroon wat ons volg en dit werk goed vir beide van ons.

Ek raai die res van Randfontein aan om die selfde te doen.

Die mense help ons omgewing en as ons hulle lewe kan vergemaklik deur ons plastiekware apart uit te sit, kan hulle makliker hulle werk verrig en ons as inwoners onnodige moeite spaar, aangesien hulle nie ons vullissakke beskadig nie.

Related Articles

Back to top button