Opinion

Pasop, die wiel draai

'Ek hoop die blomme wat jy gesteel het vrek'

Ek woon in Cockatoostraat in Helikonpark agter die Pick n Pay.

Ek hou daarvan om my plek mooi en netjies te hou maar nou kom mense en steel my blomme op die sypaadjie.

Ek koop blomme om dit mooi te laat lyk. Dink die persoon wat al my wit blomme op die sypaadjie steel dit is mooi om dit te doen?

Die Here sien wat jy doen. Kry jy nie skaam nie? Jy is ongemanierd en onbeskof.

Kan jy nie jou eie blomme gaan koop nie? Nou steel jy die blomme wat ek koop? Ek hoop die blomme wat jy gesteel het vrek, asook al die ander blomme in jou tuin.

Pasop, die wiel draai. Lyk my ek moet nou tot ‘n kamera buite my perseel oprig en my blomme oppas.

Dis vreeslik.

Man, gaan koop asseblief jou eie blomme en los my blomme uit, en los ander mense se blomme ook uit, want jy steel dit seker ook.

Related Articles

Back to top button