Matrieks, julle het pragtig gelyk

'Ek was uit die veld geslaan.'

Alhoewel my kind nog nie in matriek is nie is dit vir my altyd lekker om ons plaaslike skole se matriekafskeide by te woon en te kyk hoe ons leerlinge op hulle groot dag lyk.

Ek het weer op 4 Oktober ‘n draai by Hoërskool Jan Viljoen se matriekafskeid gemaak en was uit die veld geslaan toe ek sien hoe mooi elkeen lyk.

Dit is verstommend dat ons leerlinge so mooi en uitgevat kan aantrek. Ek wil elkeen van ons Jannas-matrieks geluk wens met die groot mylpaal in hulle lewe.

Ek hoop van harte dat elkeen van julle die geleentheid geniet het. Met die matriekafskeid agter die rug is daar nog net een groot geleentheid wat vir elkeen van julle voorlê en dit is die eindeksamen.

Daarom daag ek elkeen van julle uit om reeds nou te begin voorberei vir dié eksamen.

Dit is julle laaste kans om sukses in julle skoolloopbaan te bereik.

Daarna wag die grootmenslewe op julle.

Exit mobile version