Opinion

Stof in Randfontein ondraaglik

'Reën ons enigste oplossing'

Die stof in Randfontein maak ons as inwoners mal.

Met die wind wat Randfontein die afgelope ruk beleef het, is dit byna onmoontlik om in die dorp te leef. Die mynsand wat deur die wind versprei word het ons as inwoners al raadop.

Ek besef dat daar nie veel aan die probleem gedoen kan word nie, maar ek hoop steeds dat dit binnekort genoeg reën om die stof te laat bedaar.

Ons as huiseienaars kan nie meer ons wonings skoonmaak nie, want dit is alles tevergeefs.

Kort voor lank lê die stof weer net so dik soos voor ons skoongemaak het – om nie eers te praat van die mediese probleme soos sinus wat die stof veroorsaak nie.

Ek hoop van harte dat elke inwoner van Randfontein net so hard soos ek bid vir reën, want in dié stadium lyk dit asof dit ons enigste oplossing vir die probleem is.

Related Articles

Back to top button