Knapgedaan Lizzy

'Die dogter is beslis 'n rolmodel vir Randfontein-leerlinge'

Ek lees onlangs in die Randfontein herald, van Lizzy Botha, ‘n leerling van Randfontein Christian Academy (RCA) en ‘n kranige bokser van Randgate Amateur Boksklub.

Die dogter is beslis ‘n rolmodel vir Randfontein-leerlinge en ek haal my hoed af vir die puik prestasies wat jy al as bokser behaal het.

Mense is so vinnig om te dink dat boks slegs ‘n sport is wat deur mans beoefen word, maar toe ek Lizzy se artikel in die herald lees, was ek trots om deel van Randfontein te wees.

Vir ‘n vrou om in die bokskryt te presteer is waarlik ‘n groot eer en ek wens Lizzy alle sterkte toe vir haar loopbaan as vroulike bokser.

Jy het my beslis trots gemaak en ek is seker daar is talle ander lede in die gemeenskap wat net soos ek voel.

Exit mobile version