Opinion

Knapgedaan Lizzy

'Die dogter is beslis 'n rolmodel vir Randfontein-leerlinge'

Ek lees onlangs in die Randfontein herald, van Lizzy Botha, ‘n leerling van Randfontein Christian Academy (RCA) en ‘n kranige bokser van Randgate Amateur Boksklub.

Die dogter is beslis ‘n rolmodel vir Randfontein-leerlinge en ek haal my hoed af vir die puik prestasies wat jy al as bokser behaal het.

Mense is so vinnig om te dink dat boks slegs ‘n sport is wat deur mans beoefen word, maar toe ek Lizzy se artikel in die herald lees, was ek trots om deel van Randfontein te wees.

Vir ‘n vrou om in die bokskryt te presteer is waarlik ‘n groot eer en ek wens Lizzy alle sterkte toe vir haar loopbaan as vroulike bokser.

Jy het my beslis trots gemaak en ek is seker daar is talle ander lede in die gemeenskap wat net soos ek voel.

Related Articles

One Comment

  1. Ek is dankbaar om tesien dat Rantfontein saam my staan in di sport wat ek be oefin ek het begin boks om my self te verdedag maar het to die liefde van die sport ge vind my oupa en al drie my ooms was boksers op hullr tyd gewees so dit is in die familie en ek is baai dankbaar vir my ouers en familie wat my ondersteen en bystaan ek glo deur harde oefining en en op ofering en deur Jesus wat jou krag gee is jy in staat tot allis .Daar is beslis n toekoms vir meisies in boks dit is nie n sport wat deur seuns be oefin word nie ons meisies is tot allis in staat om te doen wat n seun doen .boks het nie net my ge leer om my self te verdeedag nie maar ook om op te staan en se ek gan want ek kan

Back to top button