Opinion

Jan se praatjie oor groepsdruk kan verskil maak

'Dankie vir die werk wat jy onder Randfontein se jeug doen'

My kind is ‘n leerling by Laerskool Rapportryer en het vir my vertel van ‘n man genaamd Jan Jacobs wat met hulle by die skool oor groepsdruk gepraat het.

Groepsdruk is iets wat elke leerling iewers in sy of haar lewe moet hanteer. Dit is vir my prysenswaardig dat daar nog mense is wat ons kinders bystaan en help om dié dinge te hanteer.

Jan, jy is werklik ‘n persoon om na op te sien en ek sê vir jou dankie vir die werk wat jy onder Randfontein se jeug doen.

Ek hoop van harte dat meer mense jou voorbeeld sal volg en vir ons kinders sal begin opstaan, veral met die hoeveelheid druk wat kinders deesdae moet verduur.

Knap gedaan Jan.

Dankie vir die verskil wat jy in Randfontein se toekomstige burgers se lewens maak.

Related Articles

Back to top button