Opinion

Raadslede maak ‘n verskil

Inwoner sê dat DA-raadslede wat artikels ingesamel het 'n verskil maak.

Diegene wat dink dat wykraadslede net daar is om ons probleme aan te spreek moet weer dink.

Ek en my gesin het op Saterdag 6 September gesien dat Randfontein se wykraadslede tot meer in staat is as net om munisipale probleme te probeer oplos.

Die DA-raadslede vir Wyk 7 het dié dag met trollies die strate ingevaar en kos en tweedehandse artikels vir Hospice ingesamel. Ek was baie verbaas om te sien dat hulle soveel moeite vir hul gemeenskap doen, en dit sonder dat enigiemand hulle gevra het.

Julle maak my as Randfontein-inwoner trots en ek haal my hoed af vir die mooi gebaar.

Hou so aan, julle maak beslis ‘n verskil.

Related Articles

Back to top button