Heerlike dag by Swartkopz-renbaan

'Die dag was nou werklik 'n fees'

Ek en ‘n paar van my vriende het op die naweek van 30 Augustus besluit om ons plaaslike renjaers tydens hul Swartkopz-motorsportbyeenkoms te gaan ondersteun.

Die dag was nou werklik ‘n fees, en alhoewel ek al van tevore by ‘n soortgelyke byeenkoms was, was die geleentheid werklik iets om te aanskou.

Twee van ons plaaslike renjaers het meegeding en beide Ben Morgenrood en Mackie Adlem het hulle puik van hul taak gekwyt.

Dit is vir my as Randfontein-inwoner werklik lekker om te sien dat daar soveel motorsport talent op plaaslike bodem ontgin word en ek wil elkeen van dié renjaers geluk wens met hul resultate vir die dag.

Exit mobile version