Opinion

Jy kon elke Rierand-matrikulant deur ‘n ring trek

Vanjaar se matriekafskeid is die mooiste nog.

Ek en my vriendin is beide in die skoonheidsindustrie en gebruik elke geleentheid wat ons kry om te kyk wat vandag se jeug aanvang en watter modes hulle aanneem.

Een van dié geleenthede wat ons jaarliks bywoon is Hoërskool Riebeeckrand se matriekafskeid.

Ons het op 21 Augustus Rierand se matriekafskeid bygewoon om te kyk hoe die dogters en seuns lyk. Vanjaar was weereens ‘n sprokiesverhaal en al die leerlinge het pragtig gelyk.

Ek is van mening dat vanjaar se afskeid die mooiste nog was en die leerlinge het werklik baie moeite gedoen om uit te staan. Ek wil elkeen van Hoërskool Riebeeckrand se matrikulante geluk wens.

Mens kon julle almal deur ‘n ring trek. Julle het pragtig gelyk. Ek hoop elkeen van julle het jul matriekafskeid terdeë geniet.

Related Articles

Back to top button