Opinion

Sterkte matrieks!

'Met rekordeksamens voor die deur, is dit nou die tyd om hard te leer.'

Aangesien Augustus byna verby is, is dit amper weer tyd vir die rekordeksamens.

Met dié skrywe, wil ek graag vir elke Graad 12-leerling sterkte toewens met die opkomende rekordeksamens.

Vir die afgelope 12 jaar is jy agter die skoolbanke en so kom jou skoolloopbaan tot ‘n einde. Ek doen ‘n beroep op elke matrikulant om hul skoolloopbaan met dieselfde hoeveelheid ywer af te sluit as waarmee hulle dit begin het.

Met rekordeksamens voor die deur, is dit nou die tyd om hard te leer en jouself gereed te kry vir een van die belangrikste eksamenreekse in jou lewe.

Leer hard en maak die beste van dié eksamen, dit is immers in jou beste belang om goed te doen.

Related Articles

Back to top button