Slaggate:Genoeg is genoeg!

"Ons kan nie meer die paaie in en rondom Randfontein gebruik nie."

Nee magtig, genoeg is nou genoeg.

Ons kan nie meer die paaie in en rondom Randfontein gebruik nie.

Dit is werklik kommerwekkend dat die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit nie die probleem aanspreek nie. Elke nou en dan sien mens ‘n klompie munisipale werkers om ‘n slaggat kloek en dan dink jy ons probleme is op ‘n einde, net om later te besef die probleem is steeds daar.

Ek het een middag by ‘n groep munisipale werkers gestop en hulle gevra wat hulle nou by die slaggat doen. Hulle het vir my gesê dat hulle ondersoek instel en kyk wat benodig word om dié gat te herstel.

Hoe belaglik?

As hulle van die begin af hulle toerusting en benodigdhede saambring, kan hulle sommer dadelik die probleem oplos.

Exit mobile version