Opinion

Oud-hokkiespeler haal hoed af vir klub

'Julle is voorwaar 'n groep om na op te kyk.'

Ek lees elke nou en dan in die herald van die Randfontein Hokkieklub en hoe goed dié jong klub doen.

Vandag wil ek my hoed vir die manne van dié klub afhaal. Julle is voorwaar ‘n groep om na op te kyk.

Om van die grond af ‘n klub op te bou en binne die eerste paar jaar so goed te presteer is werklik iets om op trots te wees.

Ek het ook in my jonger dae hokkie gespeel en het ‘n baie groot liefde vir die sport ontwikkel. Dit is vir my wonderlik om te sien dat daar steeds jongmense is wat dié sport op klubvlak wil voortbou en bemark.

Julle is ysters. Baie geluk met julle prestasies tot dusver en sterkte vir die wedstryde wat voorlê.

Related Articles

Back to top button