Opinion

Kerk-basaar was groot pret

"Ek wil dié gemeente werklik geluk wens met die puik inisiatief."

Ek en my kinders het op die naweek van 2 Augustus verby die Hervormde Kerk Midpark gery en gesien dat hulle ‘n basaar hou.

My kinders was baie opgewonde oor die springkastele op die perseel en het my arm gedraai om die basaar by te woon. Dit was die eerste keer wat ek die kerk besoek, maar was werklik verbaas met die hoeveelheid moeite wat daar gedoen is.

Talle mense het deur die loop van die dag gekom om die geleentheid saam met hul geliefdes te geniet en my kinders het al te lekker saam met die jongklomp baljaar terwyl ek rustig deur al die stalletjies geloop het.

Ek wil dié gemeente werklik geluk wens met die puik inisiatief. Dit is lekker om te sien dat daar nog mense is wat sulke dae reël waar die hele gesin ‘n dag van pret en plesier kan geniet.

Related Articles

Back to top button