Opinion

Parke weer veilig te danke aan Mapogo Sekuriteit

"Hul betrokkenheid maak dit regtig vir ons weer lekker om plaaslike parke te besoek."

Met soveel misdaad en onwettige gebeure in ons land en dorp is ons as inwoners te bang om op ‘n naweek ons plaaslike parkies te besoek, maar sekuriteitsbeamptes van Mapogo het dit hul missie gemaak om vir ons as inwoners van Randfontein weer die geleentheid te bied om in ons parkies te baljaar.

Ek en my gesin het die afgelope naweek die parkie in Palm Laan in Greenhills besoek en sekuriteitsbeamptes van dié instansie was regdeur die dag by die park te sien om sodoende ons veiligheid tydens ons besoek te verseker.

Dit is regtig ‘n baie groot gemeenskapsprojek en ek wil Mapogo bedank vir hul belangstelling en teenwoordigheid in die gemeenskap.

Julle betrokkenheid maak dit regtig vir ons weer lekker om ons plaaslike parke te besoek en saam met ons gesinne en troeteldiere die dag te geniet.

Related Articles

Back to top button