Opinion

Jannas-dramaleerlinge is tops

"Ek was baie verbaas met die profesionele werk."

Ek en my gesin was verlede naweek genooi om Hoërskool Jan Viljoen se dramastuk te gaan kyk. Dit was die eerste keer wat ek dié skool se dramaleerlinge in aksie sien en was verbaas met die profesionele werk wat hulle op die planke gebring het.

Ek verstaan dat dié skool jaarliks ‘n teaterstuk op die planke bring en ek is alklaar opgewonde oor hul volgende een. Ek is al van kindsbeen af baie lief vir die teater en met soveel plaaslike talent, vra ek myself nou hoekom ek nie lankal die geleenthede bygewoon het nie.

Ek wil elke leerling, afrigter, regisseur en verhoogbestuurder geluk wens met hulle puik werk. Julle is voorwaar ‘n puik groep en alhoewel ek julle nie ken nie, sien ek ‘n blink toekoms vir elkeen van julle in die kunste.

Knapgedaan, ek glo dat julle vanjaar se kunstefeeste met dié dramastuk gaan domineer.

Related Articles

Back to top button