Teine se borge maak ‘n verskil

"Ek is seker dié groep gaan nog verskeie hoogtes in die toekoms bereik."

Ek het in die verlede verskeie briewe in die herald gelees oor die transformasie wat by die Randfontein Rugbyklub plaasvind en ek het tydens hul kragmeting teen die Universiteit van die Witwatersrand besluit om te gaan inloer.

Ek moet sê ek was verbaas. Die manne van Randfontein Rugbyklub speel deesdae met baie goeie dissipline en ek kan net raai dat hulle borge ‘n groot bydra tot die sukses gemaak het. Mapogo A Mathamaga het onlangs by die klub betrokke geraak en is tydens elke tuiswedstryd op die veld sigbaar. Ek is seker dit gee die manne op die veld nuwe krag en ‘n doel om hul borge trots te maak.

Ek verstaan dat die eerstespan maar nog jonk is en nog baie het om te leer, maar met die fondasie wat vir hulle gelê is, is ek seker dié groep gaan nog verskeie hoogtes in die toekoms bereik.

Exit mobile version