Opinion

Nog ‘n belangrike skoolkwartaal begin

"Pak die bul by die horings, julle het nou byna 'n maand gehad om te rus."

Ek lees elke nou en dan ‘n brief in die herald oor ons gemeenskap se skoolleerlinge en ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om hulle toe te spreek.

Die Julie-skoolvakansie het nou tot ‘n einde gekom en ten spyte van die koue weer, is die nuwe skool kwartaal ‘n baie belangrike een in elke leerling se jaar.

Daarom wil ek elke leerling aanmoedig om die bul by die horings te pak en hard te werk om van dié kwartaal ‘n sukses te maak.

Alhoewel net die Graad 12-leerlinge tydens die kwartaal eksamen moet aflê is daar steeds toetsreekse en take wat vir ander voorlê.

Ek doen ‘n beroep op ons gemeenskap se leerlinge om elke taak en elke toets met ‘n positiewe gesindheid aan te pak en die beste van hul derde kwartaal te maak.

Julle het nou byna ‘n maand gehad om te rus, dit is nou weer tyd om skouer aan die wiel te sit en te presteer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button