Opinion

Pas jouself op hierdie winter

"Ek vind dit makliker om dié virusse te voorkom as te behandel."

Die winter is al weer in ons midde en talle mense word gedurende dié tyd deur griep en verkoue onkant gevang.

Weens die onbekostigbare pryse van doktersbesoeke en medikasie doen ek ‘n beroep op die gemeenskap om hulself op te pas gedurende die tydperk.

Ek vind dat dit makliker is om dié virusse te voorkom as te behandel, daarom stel ek voor dat elke persoon in Randfontein eerder warm bly en genoegsame vitamiene inneem om dié virusse te beveg.

Ek en my gesin het dit nou al vir die afgelope drie jaar probeer en alhoewel ons soms siek geraak het, was dit makliker om van die virus ontslae te raak.

Related Articles

Back to top button