Opinion

Brandweerdienste nie op standaard nie

"Ek vind dit belaglik."

Ek het onlangs op die Randfontein herald se webblad gelees van ‘n brand in die Brandvlei-area waar ‘n plaasboer miljoene rande se skade gely het.

Ek het gelees dat Randfontein-brandweer se diens nie na wense was nie, en dat Krugersdorp- en Westonaria-brandweer tot die redding moes kom.

Ek vind dit belaglik om die minste daarvan te sê.

In vorige uitgawes van die Randfontein herald, het ek gesien dat verskeie ander areas in Randfontein dieselfde probleem gehad het, waar die brandweer by tonele opdaag sonder water en dan nie hul werk effektief kan doen nie.

En om alles te kroon word daar dan beweer dat daar wel water in die brandweerwa was en dat die personeel alles in hul vermoë gedoen het om die brand te beheer.

Ek vind dit moeilik om te glo.

Randfontein-brandweer se diens verswak by die dag en ek stel voor hulle kom in rat los die probleme op.

Related Articles

Back to top button