Sterkte met julle seisoen

Ons almal het 'n groot rugbygees in die gemeenskap verloor en ek is seker Willie Hunter is steeds 'n groot deel van die rugbyklub.

• Braam Naudé van Randfontein skryf:

Verlede jaar moes ‘n tragiese jaar vir Randfontein Rugbyklub gewees het.

Ons almal het ‘n groot rugbygees in die gemeenskap verloor en ek is seker Willie Hunter is steeds ‘n groot deel van die rugbyklub.

Tog is daar nou ‘n nuwe seisoen voor die deur en ek glo dat Teine weer vanjaar sal seëvier.

Ek wil elkeen van Randfontein Rugbyklub se spelers sterkte toewens met die res van jul liga.

Ek glo julle is hard aan die oefen en met harde oefening, opofferings en genade van Bo kan julle net suksesvol wees.

Ek hou die koerante dop om meer van julle prestasies te lees en kan nie wag vir julle volgende tuiswedstryd nie.

Exit mobile version