Randfontein in haaglike kondisie

Nou, meer as 'n maand na die verkiessing, is daar steeds niks aan ons paaie gedoen nie.

• Jurie Badenhorst van Randfontein skryf:

Kort voor die verkiessing was elke politieke party vuur en vlam om Randfontein reg te ruk en het hulle allerhande beloftes gemaak om stemme te werf.

Nou, meer as ‘n maand na die verkiessing, is daar steeds niks aan ons paaie gedoen nie.

Inteendeel, ons paaie lyk nou slegter as ooit en die regerende party doen steeds niks om hul beloftes na te kom nie.

Dit is vir my werklik tragies om te sien dat daar soveel leë beloftes gemaak word en niks daarvan nagekom word nie.

Ek doen ‘n beroep op die plaaslike munisipaliteit om skouer aan die wiel te sit en werk van hul beloftes te maak.

Exit mobile version