Waterrekening is belaglik hoog

Daar is huishoudings wat nie naastenby so baie betaal nie. Net omdat ek in Randpoort bly is dit duurder daar as in Randgate, Greenhills, Molakeng, Helikonpark en van die ander woonbuurte.

• Gert Holtzhausen van Randfontein skryf:

Ek woon nou vir 31 jaar in Randfontein, maar genoeg is genoeg.

Waar gaan ons heen? Ons is twee mense wat in ‘n drieslaapkamerhuis bly en my waterrekening is R2 200 per maand. Ons het nie ‘n swembad nie en gebruik minimaal water – waar gaan ons eindig?

Ek het wel ‘n elektrisiteitsmeter, maar hoekom kan Randfontein-inwoners nie ook soos Westonaria en ander plekke watermeters kry nie?

Ek het by die munisipaliteit navraag gedoen en daar is vir my gesê dit sal nie in Randfontein gebeur nie.

My vraag is hoekom nie?

Daar is huishoudings wat nie naastenby so baie betaal nie. Net omdat ek in Randpoort bly is dit duurder daar as in Randgate, Greenhills, Molakeng, Helikonpark en van die ander woonbuurte.

Ek gaan oor vier maande op pensioen en as dit so aangaan, sal ek moet trek want ek sal dit nie kan bekostig om in Randfontein te bly nie.

Exit mobile version