Opinion

Die getal slaggate is skokkend

Dit is 'n pad wat daagliks gebruik word om kinders na en van Rapportryer Laerskool te vervoer.

• Esther Sequeira van Witpoortjie skryf:

Ek is nie ‘n inwoner van Randfontein nie, maar met my besoek daar was ek geskok om na meer as ‘n jaar te sien dat daar nog niks aan slaggate in die paaie van Randgate gedoen is nie.

Dit is ‘n pad wat daagliks gebruik word om kinders na en van Rapportryer Laerskool te vervoer.

Moet die munisipaliteit se bestuur eers wag dat daar ‘n groot, ernstige ongeluk plaasvind voordat hulle sal besluit of hulle ‘n poging sal aanwend om dit te herstel? Daar is twee strate, Mark- en- Bothastraat, waar die gate dwarsoor albei bane lê en so diep is dat dit uiters gevaarlik is. Dis moeilik om daardeur te ry sonder om jou voertuig te beskadig.

Verlede jaar was die gate al daar en soos ek dit opsom, is daar nooit iets daaraan gedoen nie. By albei het al noodlottige ongelukke plaasgevind.

Dit is verkiesingstyd en ek sou regtig dink dat alle partye darem iets daaraan sou laat doen om stemme te werf.

Maar nou ja, ons leef seker maar in Afrika.

Related Articles

One Comment

  1. Ek wil graag verwys na vorige week se koerant waar daar ‘n Meneer was wat in ekstase was oor die veiligheid van Randfontein se paaie. Mnr ek weet nie in watter gedeelte jy woon nie en of ek maar net my oe moet laat toets nie maar ek sien geen verbetering nie, ek sien wel ongelukke en het selfs al ‘n paar bande verloor, sal graag die nuwe verbeterde paaie van Randfontein wil ondervind jy gebruik seker nie Condorweg nie, waar ek persoonlik getuie van ongeluk was omdat 2 motors vir slaggate uitswaai. Het selfs al met Arthur en Pieter Matabuhle van die Munisipaliteit gesels maar sonder sukses. Ek sien wel dat Carletonville Municipaliteit goeie vordering maak met hulle pogings om slaggate toe te maak Well done Carletonville! Shame on you Randfontein!

Back to top button