Opinion

Paaie weer ‘n plesier

Alhoewel daar nog paaie in Randfontein is met slaggate, is die meeste van die paaie weer herstel en is dit weer 'n plesier om in Randfontein rond te ry.

• Hennie Kruger van Randfontein skryf:

Die afgelope paar maande het ons almal in Randfontein baie probleme met die paaie gehad.

Dit was vol slaggate en ons as motorsite moes behoorlik ons storie ken agter die stuurwiel om nie ons karre in een van dié gate te kry nie, maar dit is alles iets van die verlede.

Alhoewel daar nog paaie in Randfontein is met slaggate, is die meeste van die paaie weer herstel en is dit weer ‘n plesier om in Randfontein rond te ry.

Ek wil vir die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit dankie sê dat hulle die gemeenskap se nood gesien het en die paaie herstel het.

Ek hoop van harte dat hulle die paaie nou in so ‘n goeie toestand gaan hou.

Related Articles

One Comment

  1. Ek lees Hennie Kruger se kommentaar oor die toestand van paaie in Randfontein. Ongelukkig stem ek nie hiermee saam nie. Uit die aard van my werk ry ek elke dag ‘n roete van 26km deur Randfontein. Hierdie roete is so vol slaggate dat ek moeite gedoen het om dit te tel 382 gate! Enige iemand is welkom om saam met my te ry en dit te besigtig. Swak is nie die beskrywing hiervoor! Praat nie van die patetiese pogings om gate met rooi grond op te vul nie! Ek het in Maart 2008 skade gehad van R1 600 as gevolg van ‘n slaggat. Toe ek daaroor kla moes ek net kwotasies bring en dit sal aan my uitbetaal word. Na vele besoeke, oproepe en briewe het ek besef die mense het vir my gelieg! En sedert daardie tyd was die paaie nog nooit ordentlik herstel. Baie jammer maar dit is ‘n nagmerrie om in Randfontein te ry!

Back to top button