Trots op ons hokkiespelers

Diegene wat die Randfontein Hokkieklub gestig het is beslis helde in my oë.

• Candice Schoonraad van Homelake skryf:

Ek het jare gelede op skool hokkie gespeel en het sedertdien ‘n groot liefde vir die sportsoort ontwikkel, daarom is dit vir my ‘n riem onder die hart om te sien dat vandag se jongmense ook nog dié liefde deel.

Telke male beoefen ons ‘n sportsoort in skoolverband, maar wanneer jou skoolloopbaan verby is, dan hou jy op om aktief te wees op die sportveld.

Maar dit maak my trots om te weet dat daar nog jeugdiges is wat die ekstra myl vir hul geliefde sport sal loop.

Diegene wat die Randfontein Hokkieklub gestig het is beslis helde in my oë. Dit is as gevolg van kinders soos julle wat die sportsoort vir jare sal voort leef.

Ek haal my hoed af vir julle. Dit is wonderlik om te sien dat mense nog klubsport beoefen en boonop ‘n klub sal stig indien daar belangstelling is.

Ek daag elke hokkiespeler in die dorp uit om by die klub in te skakel en deel te wees van die voortbestaan van hokkie as ‘n klubsport.

Exit mobile version