Opinion

Elektrisiteitsrekeninge raak verregaande

Die rekeninge, die paaie, die infrastruktuur. Alles gaan tot nuut.

• Johan Barnard van Randfontein skryf:

Na aanleiding van ‘n brief wat onglangs in die Randfontein/ Westonaria Herald verskyn het wil ek my storie ook met die lesers deel.

Ek het ook ‘n probleem met my elektrisiteitsrekening.

Ek en my vrou bly alleen en ons elektrisiteitsrekening is baie hoog.

Dié rekening wissel maandeliks tussen R4 000 en R6 000 per maand. Dit is verregaande.

Ek verstaan nie mooi hoe dit werk nie, elke hoeveelheid word op ‘n ander skaal bereken en dit gee blykbaar aanleiding vir die enorme bedrag.

Ek het al verskeie kere navraag gedoen, maar elke keer is die antwoord dieselfde: Dit is ‘n nuwe stelsel wat die munisipaliteit nie aan my kan verduidelik nie.

My kinders woon in Helderkruin en hulle rekening, met vyf mense wat in die huis woon, is baie laer as ons rekening hier in Randfontein.

Ek weet nie wat met die Randfontein Plaaslike Munisipaliteit aangaan nie, maar alles is ‘n gemors.

Die rekeninge, die paaie, die infrastruktuur. Alles gaan tot nuut.

Ek voorspel ‘n diensboikot is binnekort ons voorland, dan sal hulle dalk begin wakker skrik.

Related Articles

Back to top button