Pasop vir bedelaars

Daardie nag het ek darem so effens beter geslaap met die wete in my hart dat hy diè aand nie so koud sou kry nie.

• Fanie Collins van Randfontein skryf:

Ek het onglangs met Homestead Laan opgery en die verwaarloosde siel by die Spur verkeerslig gewaar.

My hart was stukkend om hom so sonder skoene en in flenterklere in die reën te sien.

Daar en dan het ek vir hom warm klere en skoene gevat.

Na ‘n lang gesukkel om sy oog te vang om die warmgoed vir hom te gee, het hy skuiling gaan soek op Henry’s Eiendomme se stoep.

Ek uitgeklim en vir hom probeer verduidelik dat ek vir hom warm klere en beddegoed gebring het.

Baie seer was my hart toe ek besef hoe jonk hy is en net verlore is in die wrede wêreld met geen poging tot kommunikasie.

Ek het vir hom die warm klere en skoene gewys, ‘n duvet en kombers om hom gewikkel en geld in die hand gestop.

Daarna myself weer vinnig en veilig terug in die motor gekry.

Daardie nag het ek darem so effens beter geslaap met die wete in my hart dat hy diè aand nie so koud sou kry nie.

Maar twee dae later, toe ek weer met die pad Krugersdorp toe ry, is die siel weer in sy ou klere en sonder skoene.

Dit is deur mense soos hierdie dat ons uiteindelik sal ophou om mense wat hulself in moeilike omstandighede bevind sal help.

Exit mobile version