Jan jou doring

Dit is indrukwekkend om te sien dat een man so getrou is aan sy roeping.

• Lizaan Koekemoer van Randfontein skryf:

Ek lees elke nou en dan in die Randfontein Herald van Jan Jacobs wat so aktief by ons jeug en hul probleme betrokke is.

Ek haal werklik waar my hoed vir dié man af.

Dit is indrukwekkend om te sien dat een man so getrou is aan sy roeping.

Behalwe vir die feit dat hy sy persoonlike tyd gebruik om die kinders te help, doen hy dié kinders ‘n groot guns, aangesien sommige van hul ouers nie die gemoed het om die kinders meer van dwelms, drank, seks en al dié ongemaklike onderwerpe te leer nie.

Ek het ook gesien dat hy baie aktief saam met ons gemeenskap se jeug werk.

Ek doen ‘n beroep op elke jeugdige in die gemeenskap om dié klas van gedrag na te jaag en Jan Jacobs se voorbeeld te volg in alles wat julle doen, want soveel passie en ywer is moeilik om te vind.

Knapgedaan Jan. Jy is werklik ‘n rolmodel vir ons gemeenskap se jeug.

Exit mobile version