Opinion

Hy maak ‘n eerlike bestaan

Die straatdelwer in ons straat sorg vir vier familielede met die geld wat hy deur herwinning verdien.

• Annoniem van Randfontein skryf:

Mense is so vinnig om te kla oor die mense wat deur hul vuillis grou vir herwinbare produkte, maar dink nooit oor hoekom hulle dit doen nie.

Die straatdelwer in ons straat sorg vir vier familielede met die geld wat hy deur herwinning verdien.

In die proses help hy nie net homself nie maar ook ons munisipaliteit en die groot probleem wat almal in die land ondervind met opgehoopte vullis.

Ons het met dié delwer ‘n ooreenkoms aangegaan dat ons reeds die vullis in verskillende sakke sorteer soos ons dit weggooi in die huis.

Sy sakke is dus gemerk: papier, glas, en plastiek.

Enige eetbare produkte sit ons vir hom in weggooibare plastiekhouers bo in een van die sakke.

Omdat hy in die omgewing werk en baie gereeld in ons straat is, is hy ‘n onuitputbare bron van inligting rakende vreemde bewegings en gebeure en mense wat verdag voorkom.

Ons het stadig maar seker mekaar se vertroue gewen en nou help ons mekaar op dié wyse.

Ek wil dit dus op alle lesers se harte druk om so betrokke te raak by mense wat nog op ‘n eerbare manier probeer om ‘n inkomste te verdien.

Related Articles

Back to top button