Opinion

Slagate ‘n gevaar vir motortiste

Hoeveel mense het al skade en lewensverliese gehad weens die slaggate en wie gaan die skade aan sy motorfiets en die onkostes vir sy beserings betaal?

• Jeanne Stimie van Randfontein skryf:

Ek rig die brief omdat ‘n vriend van my onglangs baie seer gekry het as gevolg van die toestand van Randfontein se paaie.

Hy het met sy motorfiets gery en het baie seer gekry toe sy motorfiets gegly het omdat hy probeer het om die slaggate naby die Pick n Pay in Helikonpark mis te ry.

Dit kon soveel erger gewees het.

Wat as hy voor n kar ingegly het? Hoe het ons dit aan sy twee klein dogtertjies verduidelik dat pappa nie meer daar is nie, omdat hy vir slaggate in die pad moes uitswaai?

Hoeveel mense het al skade en lewensverliese gehad weens die slaggate en wie gaan die skade aan sy motorfiets en die onkostes vir sy beserings betaal?

Dit het alles gebeur weens die nalatigheid van die munisipaliteit en ek voel net dit moet onder ons stadsraad se aandag gebring word.

Daar is werklik ‘n probleem en iets moet gedoen word om ons paaie se toestand te verbeter.

Ek meen dit is immers hoekom ons belasting betaal.

Ek dink net as die gemeenskap saam staan kan daar ‘n verskil gemaak word.

Related Articles

Back to top button