Hart van goud

So sal ons weer Randfontien se glorie kan herwin.

• Corrie Venter van Randfontein skryf:

Dit is vir my werklik baie mooi om week na week te lees hoe mense in die gemeenskap hul harte teenoor die minderbevoorregde mense oopmaak.

Ek lees elke nou en dan hoe organisasies soos Carryou Ministry, wat self sukkel om kop bo water te hou, hul hande vuil maak om te verseker dat daar werk van sekere gevalle gemaak word.

Ek wens dat ons as inwoners van Randfontein almal dié klas van gesindheid sal najaag.

Ek kan nie help om te wonder wat sal gebeur as die hele gemeensklap, insluitend die munisipaliteit, ophou om lui weg te steek nie.

As ons almal saam begin werk om diegene te help wat swaar kry, is ek oortuig daarvan dat Randfontein se misdaadsyfer sal afneem.

So sal ons weer Randfontien se glorie kan herwin.

Daarom wil ek dié week die gemeenskap uitdaag om minstens een keer iemand in nood te help.

Al kan jy nie noodwendig dit bekostig nie, is ek seker dat dit vrugte sal afwerp en jou as mens meer suksesvol in die toekoms sal maak.

Exit mobile version