Opinion

Knapgedaan Village Square

Dié geriewe is om dit reguit te stel uiters haglik.

• Harry Smuts van Greenhills skryf:

My komplimente aan die bestuur en eienaars met die opgradering van Village Square.

Ddie algehele indruk is baie goed en die herontwerp van die parkeerarea lei tot ‘n lekker inkopie-ervaring totdat daar van die ruskamers/toiletes gebruik gemaak moet word.

Dié geriewe is om dit reguit te stel uiters haglik.

Ddit is nie net oud, vuil en onhigiënies nie, maar hopeloos onvoldoende vir die hoeveelheid mense wat dit op ‘n daaglikse basis daarvan gebruik moet maak.

Vergelykend met die ander inkopiesentrums in die area soos Key West, Clearwater Mall, Westgate ensovoorts is dit skokkend. Persoonlik is ek van die sienswyse dat daar ondersoek ingestel moet word, want daar is verseker reëls en regulasies wat bepaal hoeveel toilette beskikbaar moet wees per oppervlak van inkopie sentrum.

Ek is seker dat met die hoeveelheid geld wat spandeer is om die algehele voorkoms op te gradeer kon van die geld gebruik geword het om ruskamers ook op te gradeer.

Related Articles

Back to top button