Opinion

Dankie vir julle bydra

Ek wil net graag namens Randgate Amateur Boksklub baie dankie sê aan almal wat die geleentheid van die Gauteng Kampioenskappe bydraes gemaak het.

• Maria Dobson van Randgate Amateur Boksklub skryf:

Ek wil net graag namens Randgate Amateur Boksklub baie dankie sê aan almal wat die geleentheid van die Gauteng Kampioenskappe bydraes gemaak het, Siza en Sifiso, van Siyphikelela Business Enterprizes in Westonaria, baie dankie vir julle belangstelling in ons klub. Julle bydra beteken vir ons baie.

Die eienaar van The Grill Master in Randfontein wat etes vir ons geborg het, baie dankie vir die tydperk wat ons heerlike maaltye daar kon geniet het, dit was onvoorwaarlik die beste.

Wimpy in Randfontein wat op so ‘n kort kennisgewing vir ons ‘n plekkie kon maak om ontbyt daar te kon geniet met ons span. Ons waardeer dit baie.

Dan aan almal verder wat bydraes gelewer het, hetsy kontant skenkings of hulp en ondersteuning. Sonder julle almal sou dit nie moontlik gewees het nie.

Related Articles

Back to top button