Opinion

Wat ‘n aangename verrassing

Ek het my besoek aan die koffiewinkel werklik geniet en sal beslis weer daar inloer.

• Willem Cronjé van Greenhills skryf:

Ek en my vrou soek gereeld ‘n lekker koffiewinkel waar ons oor naweke ontbyt kan gaan eet. ‘n Plek wat nie te besig is nie en waar ons rustig kan sit en gesels oor alles wat die afgelope week gebeur het.

Ongelukkig is Randfontein nie juis ‘n plek waar daar sulke plekke is nie, maar toe ons verlede Saterdag deur die Greenhills sirkel ry, sien ons ‘n nuwe koffiewinkel, Camelot Koffiewinkel, en besluit sommer daar en dan om te gaan inloer.

Was ons nou verbaas om op dié plekkie af te kom. Dit is rustig, goedkoop en om alles te kroon is hulle spyskaart belaai met alles van drinkgoed, ontbyt en selfs die heerlikste koek.

Die bestuur van die winkel was baie vriendelik en het ons blitsig gehelp en na ‘n heerlike ontbyt en ‘n ekstra sny koek was die rekening steeds spotgoedkoop.

 

Related Articles

Back to top button