Wyksraadslede doen puik werk

Ek dink julle as raadslede doen 'n puik werk en ek glo dat julle nog groot sukses in Randfontein sal behaal.

• Piet Grobler van Randfontein skryf:

Vir die afgelope paar weke het ek dit my misie gemaak om die Randfontein Herald dop te hou en ek was baie verbaas dat die wyksraadslede die gemeenskap se belange so op die hart dra.

Onder andere, Raadslid Peter Dick, wat soveel moeite doen om die omgewing op te knap.

Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat daar nog mense is wat opstaan teen die verwydering van bome en die besoedeling van waterstrome.

Ek dink julle as raadslede doen ‘n puik werk en ek glo dat julle nog groot sukses in Randfontein sal behaal.

Hou aan met die puik werk.

Maak ons dorp weer mooi.

Exit mobile version