Opinion

Moeg vir Randfontein padvarke

Corrie Hawkins van Randfontein skryf: Kan die Randfontein stadsraad asseblief by die kruising van Kenneth Laan en Wildebees Laan asook by die kruising van Koedoe Straat en Wildebees Laan spoedhobbels aanbring? Daar gaan nog ‘n groot ongelukke op dié kruisings plaasvind of ‘n erge vuisgeveg uitbreek. Alle motoriste wat met Wildebees Laan kruis, stop nie …

Corrie Hawkins van Randfontein skryf:

Kan die Randfontein stadsraad asseblief by die kruising van Kenneth Laan en Wildebees Laan asook by die kruising van Koedoe Straat en Wildebees Laan spoedhobbels aanbring?

Daar gaan nog ‘n groot ongelukke op dié kruisings plaasvind of ‘n erge vuisgeveg uitbreek.

Alle motoriste wat met Wildebees Laan kruis, stop nie by die stoptekens nie.

Al is motorriste wat in Wildebees Laan ry eerste by die stopteken, kom motors net eenvoudig en jaag oor stoptekens.

Ek het dit al goedgedink om dan sommer doelbewis in so ‘n motor vas te ry om my punt en kommer te bewys.

Dit is regtig ‘n groot probleem in die area en ek doen ‘n beroep op die Randfontein plaaslike stadsraad om in te gryp.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button