Village Square verdedig

Die huurder het egter die persele was van die hand gewys.

• Bemarkingsbestuurder van die Village Square winkelsentrum, Melissa Greyling, skryf:

Met verwysing na die brief deur Heidi van Wyk, wil ons graag as volg daarop reageer:

Steers se huurkontrak het einde Oktober 2012 verstryk. Die landheer het die huurder geadviseer dat die huurkontrak nie hernu gaan word nie as gevolg van die beplande opgradering en vergroting van die sentrum.

Steers is twee alternatiewe persele in hul onmiddelike omgewing aangebied om hulle in ‘n soortgelyke ligging te plaas as waar hulle tans is.

Die huurder het egter die persele was van die hand gewys.

Steers is toegelaat om op ‘n maand tot maand huurkontrak aan te bly in die perseel totdat die landheer hulle moes kennis gee om die perseel te verlaat sodat die beplande opgradering en vergroting van die sentrum kan voortgaan.

Signature Cosmetics se huurkontrak het 30 April 2013 verstyk en hulle het ‘n volle maand kennis ontvang van die landheer.

Nedbank neem Signature Cosmetics se perseel oor aangesien hulle ‘n groter perseel benodig.

Die Landheer het ook ‘n alternatiewe tydelike perseel vir die huurder aangebied totdat ‘n permanente geskikte perseel beskikbaar sou wees.

Dit is ook van die hand gewys deur laasgenoemde huurder.

Ons vertrou dat hierdie feite meer duidelikheid rondom u brief en klagtes sal verskaf.

Exit mobile version