Rappies-jukskei beleef groot sukses in Pretoria

Laerskool Rapportryer se jukskeispanne het groot aanslag gemaak by die onlangse Gauteng Ope-toernooi.

Laerskool Rapportryer se jukskeispan het onlangs uitgeblink by die Gauteng Ope-toernooi in Pretoria-Noord.

Vier o13 A-span leerders Dawid de Lange, Stef Roux, Johandré van Niekerk en Lukas Benecke het ‘n silwer medalje vir hul deelname verower.

Dawid is ook vir die o13 Gauteng-span gekies. Verder het Waldo van Niekerk die eerste plek vir die o19B Akademiespan verower.

Die ander leerders het deelgeneem, maar het net-net die top drie plekke gemis.

Armoné Coetzee, Ildrie Lourens (kaptein), Theadri Blignaut en Jane de Lange het in die o13 A-span deelgeneem.

Tiago da Corte, Luan Human en Ricardo Fouche (kaptein) het die o13 B-span verteenwoordig.

Mariselle Bezuidenhout, Annalize van der Merwe, Hailey Fouche en Danay Human het die B1-span tydens die toernooi verteenwoordig.

Die o13 B2-span is verteenwoordig deur Danica Janse van Rensburg, Chanee Roets en Mianey Appelkryn (kaptein) verteenwoordig.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version