Hoof Annelize groet Riebeeckrand na meer as 40 jaar se diens

Hoërskool Riebeeckrand se leerders neem afskeid van hul hoof, Annelize van den Berg, wat meer as 40 jaar diens gedoen het.

Ter viering van die aftrede van Hoërskool Riebeeckrand se hoof, Annelize van den Berg, het die leerders op die rugbyveld bymekaargekom om haar amptelik te groet.
Verskeie toesprake is op die dag gelewer waarin Annelize se waardes en leierskap geloof is. Herinneringe is ook gedeel.

“Namate lag en trane ineengevleg het, het die geleentheid ’n onvergeetlike huldeblyk geword wat nie net ’n vertrek gevier het nie, maar ’n nalatenskap van inspirasie en kameraadskap,” het skoolwoordvoerder Diana Nel gesê.

Annelize van den Berg neem afskeid na 43 jaar se diens by Hoërskool Riebeeckrand. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat Annelize self ‘n leerder van Riebeeckrand was van 1973 tot 1977. In 1982 het sy daar begin skoolhou waar sy Aardrykskunde en Geografie gegee het. In 2005 is sy as departementshoof aangewys en in 2006 as adjunkhoof.

Op 1 Mei 2011 het sy as hoof ingetree.

Sy was ook die skoolhoof wat die meeste diensjare by die skool gehad het – 43 jaar. In daardie tyd het sy verskeie aktiwiteite afgerig, insluitend volkspele, hokkie, trompoppies, jukskei, revue en redenaars. Sy was ook die redakteur van die skoolkoerant, die hoof van bemarking, kultuurorganiseerder en koororganiseerder.

“Annelize laat diep spore by Riebeeckrand!” Diana het afgesluit.

Annelize maak amptelik einde November vanjaar klaar waar die Herald ‘n eksklusiewe onderhoud met haar sal voer.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version