RAM ryg RACA-toekennings in

Van kategorie wenners tot diamant toekennings, Laerskool Randfontein se verskeie kore en pom poms het baie om te vier.

Laerskool Randfontein spog met talle toekennings in kultuur.

“Dit wys net weereens dat RAM ‘n kultuurskool van groot formaat is. Baie geluk aan die RAMkat Koor, RAMtinkies, RAM Extreme, RAM Ignite en ons graad 2-spreekkoor [Rugby-tyd] wat tydens die RACA Eisteddfod as afdelingswenners aangewys is, ” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

Die graad 2-spreekkoor. Foto ingestuur.

Sy sê die RAMkriekies-spreekkoor het ook ‘n Diamanttoekenning by die RACA Eisteddfod sowel as die Nasionale Eisteddfod Akademie gewen. Die graad 2-spreekkoor het toe ‘n toekenning ontvang vir Junior Optrede van die Jaar by die RACA-galatoekennings. Die skool se junior koor, die RAMtinkies, is ook as afdelingwenners aangewys.

Die RAMkriekies spreekkoor. Foto ingestuur.

Die senior koor, RAMkat Koor, is ook kategoriewenners.

“Laerskool Randfontein se RAMkat Koor het ‘n onvergeetlike jaar beleef, gekenmerk deur ‘n reeks uitstaande optredes wat die gemeenskap in verwondering gelaat het. Die koor, wat bestaan ??uit leerders van graad vier tot sewe, is ‘n bron van trots vir die skool en het gewys hul talent, toewyding en liefde vir musiek op ‘n merkwaardige manier.”

RAM Extreme. Foto ingestuur.

Hulle het deur die jaar by verskeie geleenthede opgetree, insluitend plaaslike feeste en streekskompetisies.

“Die koor het gehore keer op keer bekoor met hul harmonieuse melodieë en boeiende verhoogoptredes. Hul repertorium, wat ‘n diverse verskeidenheid tradisionele Suid-Afrikaanse liedjies, en kontemporêre musiek insluit, wys nie net hul vokale vermoëns nie, maar ook hul veelsydigheid het die toon aangegee,” het Annie gesê.

Die RAMtinkies. Foto ingestuur.

Die hoogtepunt van die jaar was egter hul oorwinning by RACA.

RAM Ignite. Foto ingestuur.

“Die RAMkat Koor het die beoordelaars beïndruk met hul inspirerende optredes en het bo-aan hul afdeling geëindig. Dit beklemtoon hul harde werk en toewyding,” het Annie bygevoeg.

Daarby het RAM Ignite onlangs Beste Dansuitvoering tydens RACA gewen en is as kategoriewenners in die Junior Primêre afdeling aangewys. RAM Extreme is ook kategoriewenners tydens RACA in die Senior Primêre afdeling.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version