RAM atlete wys wat in hul steek op atletiekveld

Laerskool Randfontein se huissport lewer gees en nuwe rekords op.

Vir die leerders van Laerskool Randfontein het die atletiekseisoen reeds begin.

Leerders van graad een tot ses het op 4 Oktober tydens die skool se huissport hul talente op die atletiekveld in hul Bok-klere gewys.

Adonai Nel. Foto ingestuur.

“Die gees onder die atlete was elektries en die kompetisie het nuwe rekords opgelewer,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

Logan Lee. Foto ingestuur.

Wihan Booysen het die rekord in die o10-verspring verbeter en Mieke van Rooyen het die rekord in die 1 500m o12 verbeter.

Mieke is gekies as die Senior Victrix Ludorum en Jayden Thejane as die Senior Victor Ludorum.

Tristan Gunn. Foto ingestuur.

Annie het vertel dat die atletiek deur Robert van Coller gelei word.

“Hy is self ’n afrigter met ’n spesiale passie vir die sport.”

Rego Mathuloe. Foto ingestuur.

Volgende jaar hou die nuwe graad een-leerders hul eie spesiale atletiekbyeenkoms sodat hulle ook in die atletiekspan opgeneem kan word. Ná die byeenkoms sal die Junior Victrix en Victor Ludorums dan aangewys word, het Annie verduidelik.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version