RAMkriekies Kleuterskool se jaarlikse konsert is een van die hoogtepunte op die kalender.
Vanjaar het RAMkriekies die gehoor vermaak met hul deftige kostuums en grimering tydens drie uitverkoopte vertonings op 9, 10 en 12 September. Hul tema vir vanjaar was RAMkriekies in die Wolke.
Volgens organiseerder Annalie Grobbelaar is die gehoor weggevoer na die hemelruim met mooi uitgewerkte en ongelooflike danse, musiek en dekor.
Sy het bygevoeg die kleuters het met groot opgewondenheid uit volle bors saamgesing en beweeg.
“Volgende jaar maak ons weer so!” het Annalie opgewonde gesê.